‘n Gerustellende gedagte, ek kan God nie ontvlug nie.

Preekskets

In hierdie Psalm word ons as gelowiges verseker dat die Verbondsgod altyd by ons is. Ons kan nooit sonder Hom wees nie want Hy omsluit ons van alle kante. Hy kan dit doen want Hy is:

  • Alwetend
  • Alomteenwoordig
  • Skeppergod
  • Genadegod

Ek is vir God belangrik, daarom lê Hy sy hand op my en lei my op die regte pad.