Neem tog my sonde weg, Here

  • Diens: 2013-04-28 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Psalm 51:1-21
  • Teksvers: Psalm 51:3-4

Preekskets

Skuldgevoelens veroorsaak baie pyn in ’n mens se lewe.

Skuldgevoel is die gevoel dat jy God en jou naaste te na gekom of in die steek gelaat het. Jy voel skuldig oor jou verkeerde dade of sonde. Hierdie gevoelens het ’n nadelige invloed op jou lewe. Skuldgevoel en skuldbesef  verskil van mekaar.

  • Skuldgevoel lê hoofsaaklik op die emosionele vlak.
  • Skuldbesef is die besef van jou presiese sonde en hantering daarvan. Dit vra ware selfondersoek. (verse 4,5,6).

Ek moet:

  • nadink oor my sonde;
  • glo dat alleen Jesus Christus my kan vergewe;
  • God se vergewing deur Christus aanvaar;
  • my medemens vergewe;
  • myself vergewe.

Dan alleen kan ek uit dankbaarheid oorwinningsliedere sing.