Goeie nuus vir ellendige mense

  • Diens: 2013-03-17 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Rigters 11:1-14; 27-32
  • Teksvers: Rigters 11:1,32

Preekskets

Preekskets

Vanaand hoor en sien ons weer die beste nuus van alle tye. Die evangelie van Jesus Christus, wat in ons plek gesterf en vir ons sondes betaal het, gaan ons weer aan die tafel vier.

Die geskiedenis van Jefta was merkwaardig. Hy was die buite egtelike kind van ‘n straatvrou en ‘n geweldenaar. Hy word by sy pa groot en leer geweld as tweede natuur aan. Uiteindelik jaag sy stiefbroers hom uit die huis uit en hy vlug. Hy word ‘n bendeleier en roof, steel en misdaad word die bende se leefwyse.

Die Here gebruik die bendeleier om sy volk van hulle vyand, die Amoriete te verlos. Hy word ‘n gelowige. Dit is God se genade in Christus. Ook vir ons. Hy vergewe, neem ons sondes weg, deur met sy bloed te betaal. Nou moet ons ‘n lewe van dankbaarheid lei. Moet nie God se genade goedkoop maak deur ‘n sondige en beroulose lewe nie. Dan eet en drink ons ‘n oordeel oor onsself.

Kom, vier die fees van die lewe in en deur die werk van Christus en sy Gees, Wie vanaand self hier teenwoordig is.