God se trou dring ons tot Skrifgetrouheid

  • Diens: 2013-02-17 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Handelinge 17:1-14; NGB Artikel 3
  • Teksvers: Handelinge 17:2,3,11

Preekskets

Die Jode het die Ou Testament die Skrifte genoem. Dikwels word daar in die Nuwe Testament na die Skrifte verwys wat getuig van die koms en werk van Jesus as die Christus. In die teksgedeelte lees ons juis hoedat Paulus die Jode vanuit die Skrifte geleer het dat Jesus die Christus is en hoedat hulle die Skrifte ook ondersoek het. In hierdie benaming, die Skrifte, sit daar meer as wat ons dalk dink. Dis die Woord van God wat neergeskryf is. God wou sy Woord laat neerskryf. Trouens, Hy was die eerste Een wat sy Woord neergeskryf het. Die Nuwe Testament het natuurlik ook deel geword van die Skrifte en tesame vorm dit die Bybel, wat boeke beteken. Weereens, die besondere openbaring van God is in boekvorm vir ons gegee. Daarom noem ons die Bybel ook die Heilige Skrif. Die feit dat die Woord van God neergeskryf wys vir ons Wie God is, hoe sy verbond met ons werk en wat ons verantwoordelikhede binne hierdie verbond is. In die prediking vanaand, wil ons ondersoek doen oor waarom God sy Woord vir ons laat neerskryf het.