God gee die Lig van Sy Woord vryelik; om dit te glo hou groot belofte in

  • Diens: 2012-09-16 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Markus 4:21-25
  • Teksvers: Markus 4:24

Preekskets

God gee in Christus die Woord dat dit gehoor word

  • Christus, die Lamp, het met 'n doel gekom, naamlik om die Lig te bring.
  • Die Lig is die Woord, wat saamtrek in die evangelie van die redding in Christus.
  • Hierdie Lig verdryf alle duister, en mag nie weggesteek word nie.

God waarsku deur Christus hoe 'n mens na sy Woord moet luister

  • Daar is 'n regte en 'n verkeerde manier om na die Woord te luister.
  • God eis dat ons reg na die Woord sal luister.
  • Dit beteken dat ons nie 'n geringe mate nie, maar die volle mate van die Woord vir onsself sal uitmeet.
  • Slegs deur die krag van die Heilige Gees kan ons die ywer vir die Woord hê wat God van ons verwag.

Vir die wat reg luister na God se Woord hou dit groot beloftes in

  • God eis nie sonder rede dat die mens reg na Sy Woord moet luister nie.
  • Dit is al hoe ons Hom kan ken.
  • Aan die wat Hom dan reg ken, maak God groot en wonderlike beloftes.
  • God rig egter ewe groot waarskuwings aan die wat nie reg na die Woord luister nie.