Die krisis by die Rooisee – God red sy volk

  • Diens: 2012-09-16 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Eksodus 14:13-31
  • Teksvers: Eksodus 14:13,14,31

Preekskets

Gister is nooit verby nie.

Die lewe is dikwels hard en vol krisisse. Ons almal kan daarvan getuig. Die volk Israel beleef in hierdie geskiedenis ‘n baie groot krisis. Vasgekeer tussen die geweldige Egiptiese weermag en die see. Wat nou? Waarheen? Hulle beleef vier dinge: skok, verwarring, stabilisering en dan die vrede van die oplossing.

Die oplossing? God gryp in. Hy doen vier wonders:

  • Die Engel van die Here skuif tussen die volk en die vyand in.
  • Ook die wolkkolom skuif terug. Lig net aan Israel se kant.
  • ‘n Droë tog deur die see.
  • Die wiele van die vyand se strydwaens val af en daar is verwarring onder die soldate.

God red sy volk. Hierdie gebeurtenis beeld die doop af - die redding in Jesus Christus. Dink nou terug aan die Nagmaal van verlede Sondag. Jesus het vir jou die sonde en die dood oorwin.

Gister is nooit verby nie.