God gee gawes sodat ons goeie rentmeesters van sy genade kan wees

  • Diens: 2012-08-05 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: 1 Petrus 4:1-11
  • Teksvers: 1 Petrus 4:10

Preekskets

  • Is dit nodig om jou gawes te ontdek?
  • Dis merkwaardig dat ons nooit so 'n opdrag in die Bybel kry nie.
  • God beloon sy kinders met gawes - ons ontvang gawes, ons ontdek dit nie.
  • Ons teksgedeelte leer ons: namate jy ‘n genadegawe ontvang het bedien God se genade.
  • Hierin word die aard van die gemeente en die aard van die gawes duidelik.
  • Daar is verskil tussen talente en geestesgawes.
  • Christus het vir ons al hierdie gawes verwerf en dit aan ons gegee.
  • Ons het meer gekry as wat ons besef! Meer as wat ons benut!
  • Ons is bedienaars van God se veelvuldige genade aan mekaar.
  • Dit beteken om te administreer, om rentmeester daarvan te wees.
  • Hoe gaan ons met ons gawes die veelvuldige genade van God aan mekaar bedien?
  • Nie deur ons gawes te ontdek nie, maar deur gehoorsaam te wees aan God se opdragte!