Die Here leer ons die kuns om te lewe. Gee leiding aan jongmense.

  • Diens: 2012-06-03 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Deuteronomium 6:4-13
  • Teksvers: Deuteronomium 6:4; Spreuke 22:6

Preekskets

Indiensopleiding is baie belangrik. Baie beroepe vereis eers dat jy ‘n paar jaar indiensopleiding ontvang voor jy kan registreer. Vandag leer ons van indiensopleiding vir die lewe deur te lewe.

Vaders, as gesinshoofde, moet die Here se gebooie tydig en ontydig by hulle kinders inskerp. Praat daaroor, doen die gebooie ( maak dit as herinnering vas aan jou hande), neem dit altyd en oral in ag (merkteken op jou voorhoof) en skryf dit op jou deurkosyne. Ouers, leef deur julle voorbeeld.

Hoe kan ons/jongmense hulle lewe suiwer hou? Deur te leef volgens God se Woord. Die handboek vir die lewe is die Bybel. Die Here rus jou toe om die lewe tot Sy eer te leef. Christus kom wys ons wat gehoorsaamheid aan God werklik beteken. Hy gee die opdrag om mense te leer om alles te onderhou wat Hy beveel het.