Jy mag nie begeer nie

  • Diens: 2012-05-27 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: 1 Tessalonisense 4:1-12 en Romeine 13:8-10; HK Sondag 44
  • Teksvers: Eksodus 20:17 en Deuteronomium 5:21

Preekskets

’n Mens se begeertes kan maklik met jou weghardloop en dan word slegte begeertes omgesit in slegte dade. Begeerte is wanneer jy dink dat jy iets baie graag wil doen of wil besit. Die motivering agter begeertes is ook baie belangrik.
Begeertes kan:

  • Positief wees wanneer jy die goeie en regte dinge wil hê. Bv in Ps. 84:1: “Hoe begeer my siel en hunker van verlange, om na Gods woning op te gaan...”
  • Negatief wees wanneer jy goeie dinge met ‘n obsessie begeer sodat jy selfs bereid is om iemand dood te maak daarvoor. Bv. Agab wat Nabot vermoor om sy wingerd te kry. Of wanneer jy slegte dinge begeer.

In die tien gebooie word beskryf wat ons nie mag begeer nie. Die HK vat dit soos volg saam. Selfs die geringste begeerte of gedagte teen enige gebod van God mag nooit in ons hart opkom nie.

Jakobus waarsku dat jou eie begeertes gevaarlik kan wees en uiteindelik tot die dood lei. Die Satan gebruik juis ons begeertes om ons te verlei om te sondig.

Christus leer met sy lewe wat begeertes moet wees. In Lukas 22:10 sien Hy baie daarna uit om die Paasmaaltyd te eet. In Johannes 4:34 leer Hy dat sy voedsel is om sy Vader se wil te doen.

Die Heilige Gees leer ons om te begeer wat God wil.