Die Here wil hê dat elke gelowige se kennis van Hom sal groei

  • Diens: 2012-05-13 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Hosea 4:1-19
  • Teksvers: Hosea 4:6

Preekskets

Die Here kla sy volk aan dat hulle Hom nie meer liefhet nie. Hy gee ook die rede waarom hulle liefde vir Hom verdwyn het. Hulle kennis van Hom het vervalle geraak. Dit was hoofsaaklik die priesters se skuld gewees dat die volk nie meer kennis van God gehad het nie. Natuurlik is kennis van God nie genoeg nie. God wil hê dat ons Hom sal ken! Ons kan Hom egter net ken en liefhê wanneer ons kennis van Hom groei deur sy openbaring. Hierin word gelowiges opgeroep om van die Here te leer deur die krag van die Gees en Woord. Om elke dag te groei in jou kennis, om die Skrif te ondersoek en te bestudeer. Wie groei in die kennis groei ook daarin om God waarlik te ken en lief te hê!