Die lewende hoop en egte geloof

  • Diens: 2012-04-22 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: 1 Petrus 1:3-9 en Efesiërs 2:8,9
  • Teksvers: 1 Petrus 1:6,7

Preekskets

Goud in die vuur. So word die egtheid van die goud getoets. Die egtheid van ons geloof moet ook getoets word.

Gelowiges is in God se testament geskryf. Daar wag 'n erfenis vir jou wat glo. En hierdie erfenis is:

  • Onverganklik. Ewig.
  • Onbesmet. Heilig.
  • Onverwelklik. Heerlik.
  • In die hemel.

Jy, as erfgenaam, word ook deur die krag van God bewaar sodat jy jou erfenis vir seker gaan ontvang. Die inhoud van die erfenis is die nuwe lewe wat God ons geskenk het deur die opstanding van Christus uit die dood.
Daarom kan ons bly wees selfs in beproewinge wat ons geloof toets. Ons hoop bly lewend en dit vervul ons met onuitspreeklike en heerlike blydskap.