God praat met sy kinders

  • Diens: 2012-04-22 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Markus 1:35-2:12
  • Teksvers: Markus 1:38;2:2

Preekskets

Wat kon beter gewees het as om by daardie huisie in Kapernaum te kon staan en net te luister? Om maar net die stem van die Here te hoor. Om maar net sy woorde te kan hoor, al sien jy Hom nie eers nie. Baie kon Hom nie sien nie, daar was te veel mense wat saamgedrom het rondom die huis. Hulle kon net sy woorde hoor, maar dit was vir hulle oorgenoeg. Om jou honger te gaan stil en jou dors te gaan les daar by die Here. Om jou siel te gaan voed en laaf met die woorde wat vanuit daardie huisie geklink het. Dan weet jy: God swyg nie. In Christus. Daarom kan ons luister en daarom wil ons luister. Ons het nog meer ontvang as die mense by die huis. Ons het die hele Bybel – God se Woord. Wat ‘n ontsaglike troos! God bly nie stil nie, ons hoor sy stem helder en duidelik deur sy Woord. Dit maak nie saak in watter omstandighede ons is nie – ons Vader bly nie stil nie. God praat met sy kinders!