Gelowiges wat weet hoe om oorwinnend te lewe

  • Diens: 2012-03-18 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: 1 Johannes 2:1-17
  • Teksvers: 1 Johannes 2:12-17

Preekskets

Johannes skryf aan oud en jonk met ‘n dringendheid, wat duidelik blyk uit die herhaling in verse 12-14, asook die beklemtoon van ‘ek skryf’ en ‘ek het geskryf’. In die vaders se lewens het hy iets kosbaars opgemerk wat van die grootste belang is vir die gemeente in sy taak in die wêreld. Ook in die lewens van kinders en die jongmense sien hy dinge raak wat nodig is om ‘n verskil te kan maak in die wêreld waarin ons leef en waar God ons ons taak gee. In vers 15-17 waarsku hy teen die metode van die sondige wêreld wat wil hê jy moet jou liefde verplaas en so ondermyn word in jou toewyding aan die Here. Christus maak ons deel van Sy oorwinning. So kan en wil ons die nagmaal vier.

By gelowiges wat weet hoe om oorwinnend te lewe is daar:

  • Vaders wat God ken.
  • Kinders wat die Vader ken.
  • Jongmense wat die bose oorwin het.