Ware geloof dwing my tot ‘n nuwe lewe

  • Diens: 2012-02-26 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Romeine 14:13-15:6; HK Sondag 32
  • Teksvers: Romeine 14:17 en 15:1-3

Preekskets

Elke gelowige kan nie leef soos hy wil nie. Ons eie begeertes en voorkeure moet nie altyd eerste kom nie. Ons moet nie net aan onsself dink nie, maar aan ons naaste En dan wat vir ons naaste goed is en hom in die geloof opbou.

Die voorbeeld van Jesus Christus word aan ons voorgehou. Hoofstuk 15:3 stel dit op ‘n besondere manier: Christus het immers ook nie aan Homself gedink nie, inteendeel. Ons word weer daarop gewys dat ons die liefdesgebod van Matt. 22:37-39 daadwerklik in die lewe van elke dag moet uitleef. Sondag 32 van die HK begin met die deel wat oor ons dankbaarheidslewe handel.

Uit dankbaarheid vir God se groot liefde vir my in Christus, moet ons lewe tot eer van sy Naam wees. Hoe lyk ‘n dankbaarheidslewe? Dit is ‘n lewe vol goeie werke, volgens die eis en voorbeeld van Christus in die Bybel.