Deur die Woord en die Gees werk God die geloof in ons

  • Diens: 2012-02-12 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Hebreërs 11:1-6; HK Sondag 7
  • Teksvers: Hebreërs 11:1

Preekskets

  • Ons kan twee elemente in ons geloof onderskei – die inhoud en die sekerheid daarvan.
  • Heb. 11:1 – geloof is die inhoud van ons hoop, ’n sekerheid van wat ons nie sien nie.
  • Die Christelike hoop is gegrond op dit wat ons glo – die Skrif.
  • Geloof berus op die eenheid van die Skrif – waardeur ek alles in die Bybel vir waar aanvaar!
  • Hierdie kennis AANVAAR alles in die Woord as die waarheid.
  • Dit is ’n verstandelike aktiwiteit, maar dis nie bloot verstandelik nie.
  • Geloof is egter nie net die inhoud van ons hoop nie, dis ook sekerheid.
  • Die Gees sorg dat die Woord ook vir my persoonlik waar is
  • Daarom kan ek vertrou dat God se beloftes ook vir my waar is
  • ‘n Ware geloof bely dus: nie net vir ander nie, maar ook vir my!
  • God se Gees gebruik die Woord om die geloofsinhoud en die -sekerheid by ons te vestig
  • Kennis en vertroue is soos asemhaal – die een kan nie sonder die ander.
  • Bid dan dat God deur sy Gees en Woord die geloof by jou sal laat groei!