Ek sal vir Israel wees soos die dou

Preekskets

Water gee lewe. Mens en dier kan nie sonder water lewe nie. Alle plante het water nodig om te kan voortbestaan.

Hosea gebruik die beeld van water  om God se versorgende en verkwikkende krag in die lewens van sy kinders te beskryf.

  • Verse 1-4: Samaria het gesondig en sal boet. Die pad terug na die Here toe is deur belydenis van sonde en berou.
  • Verse 4b-9: By U alleen is daar liefde vir sondaars/weeskinders. God alleen genees ontrou. God alleen het sondaars van harte lief.
  • Ek sal vir Israel wees soos die dou. Die volgende  plante word genoem: lelies, olyfbome, koring, wingerdstokke en sipresse.
  • Vers 10: Let op dat wat die Here doen reg is.

God het sondaars lief. So lief dat Hy sy eie Seun gestuur het om vir ons sondes te betaal. Christus is die water wat lewe gee. En dan doop ons verbondskinders met water, wat die simbool is van Christus se bloed wat gevloei het tot ons redding. God gee meer as dou. Hy gee sy Seun.