Die Gees bekragtig die heil wat God aan ons uitgedeel het

  • Diens: 2011-02-13 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Genesis 9:1-17; NGB Artikel 33
  • Teksvers: Genesis 9:12,13

Preekskets

  • In die tyd van die Reformasie was daar groot verskille oor die sakramente.
  • Ook onder die protestante.
  • In God wat die reënboog gee kry ons die eerste heenwysing na die sakramente.
  • God bevestig sy beloftes met ’n teken.
  • Die Here gee ’n teken waardeur Hy Noag en sy nageslag se geloof in stand hou.
  • Hierdie teken berus op die Woord.
  • Dit staan nie los daarvan nie.
  • Die sakramente is nog meer as dit! Dit beseël ook iets persoonlik aan ons.
  • Die Gees werk persoonlik en werklik deur die sakramente in gelowiges.
  • Ons word verseker dat ons deel is van God se volk – in Christus.
  • Die Gees versterk so ons geloof om te bly volhard.
  • Die sakramente is dus baie meer as blote simbole – dis genademiddels!