Die geloof wat God in jou werk is nie ’n stap in die donker nie

  • Diens: 2011-01-30 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Hebreërs 11:1-2,8-19
  • Teksvers: Hebreërs 11:1,2

Preekskets

God werk deur die Heilige Gees met die Woord die geloof in jou!
Maar wat is geloof?  Maar net ’n emosionele opwelling of gevoel? Nee geloof gee sekerheid. Geloof is:

  • ’n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop. (NV om seker te wees.)
  • ’n bewys van die dinge wat ons nie sien nie. (NV om oortuig te wees.)

Maar geloof moet in dade oorgaan. Abraham, en ander gelowiges, word as voorbeeld vir ons in Heb. 11 voorgehou. Hulle het geglo en daarom gedoen in die geloof.
Abraham het uit sy land, familie en vaderhuis getrek. Hy was bereid om sy enigste seun, Isak, te offer, net omdat God dit vra. Geloof in God eis gehoorsaamheid aan God. God dra die gelowige deur alle beproewings in die lewe. Ja selfs deur die dood heen Ons ontvang die ewige lewe deur die versoeningswerk van Jesus Christus.
Daarom leef jou geloof uit, selfs in moeilike omstandighede  En jy sal die vrede van God ontvang, wat jou verstand nie kan begryp nie.