Saai oorvloedig, want God gee oorvloedig

  • Diens: 2010-10-24 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: 2 Korintiërs 9:1-15
  • Teksvers: 2 Korintiërs 9:6,8; Galasiërs 6:7,8

Preekskets

Dit is beter om te gee as om te ontvang. So leer die Here ons in sy Woord. Tog wil ons eerder ontvang as om gee. Dit is menslik om met die minste moeite die beste resultate te wil bereik.
God leer:

  • Wie min saai sal min oes
  • Wie volop saai sal volop oes.

Hierdie is ʼn lewensles wat op elke terrein van jou lewe geld. As jy min insit, sal jy min terugkry.
Die kern is dat God in beheer van die hele skepping is. Hy is by magte om alles oorvloediglik te gee. Nie net vir jou en ter wille van jouself nie, maar om Hom daarmee te eer. Dus om weer vrygewig te wees en met blymoedigheid te gee. Vrygewigheid lei tot dank aan God.
Hy gee so oorvloedig dat Hy sy eie Seun gegee het om ons die rykdom van die ewige lewe te gee.
Saai oorvloedig. Ook in die eksamen.