Ons leef nie deur sien nie

  • Diens: 2010-10-10 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: 2 Korintiërs 4:16-5:10; HK Sondag 22
  • Teksvers: 2 Korintiërs 4:6,7

Preekskets

Moenie moed verloor en moedeloos word nie. Ons kan altyd vol moed wees.
Met ʼn reeks teenoorgesteldes leer die Here deur Paulus vir ons om bg. te kan doen.

  • Uiterlik vergaan teenoor innerlik vernuwe
  • Swaarkry in hierdie lewe is gering teenoor die heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly
  • Sigbaar en tydelik teenoor onsigbaar en ewig
  • Aardse tentwoning teenoor ewige vaste hemelse gebou
  • Mensewerk teenoor God se werk

Ons sien, ruik, voel en proe die brood en wyn, maar ons sien ook Jesus Christus en sy kruisdood ter wille van ons raak. Ons sien die ewige lewe nou reeds met die geloofsoog. Ons leef nou nog deur geloof en nie deur sien nie. Nou nog soos deur ʼn spieël in ʼn raaisel, maar eendag ten volle. Christus is vanaand hier deur sy Gees.