God help in moeilike omstandighede

  • Diens: 2010-08-15 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: 2 Korintiërs 1:1-11; NGB Artikel 13
  • Teksvers: 2 Korintiërs 1:3,4

Preekskets

Hoe lyk jou lewe op die oomblik? Waarmee worstel Jy?  Waar soek jy antwoorde? Voel dit vir jou of God weg is?

Kom ons kyk weer wat God ons in die Woord leer:

  • Hy is die Vader wat Hom ontferm.
  • In elke omstandigheid gee Hy moed.
  • In elke moeilikheid bemoedig Hy ons.

In elke verdrukking troos Hy omdat Hy die Vader van alle vertroosting is. (53 Vertaling)
Paulus  gaan verder en verbind ons beproewings aan die lyding van Christus. Daar is vir ons ʼn oorvloed van lyding ter wille van Christus maar ook ʼn oorvloed van bemoediging deur Christus.
Hy het selfs vir Paulus uit ʼn groot doodsgevaar gered en sal weer red. Ja, die hoogtepunt van God se redding het in Christus gekom. Ons is gered van die sonde en die ewige dood. Ons het reeds die ewige lewe.
Ons opdrag? Uit dankbaarheid vir God se bemoediging moet ons ook ander bemoedig wat dit nodig het.