God alleen regeer en is altyd in beheer

  • Diens: 2010-04-11 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Daniël 1:1-21
  • Teksvers: Daniël 1:9,17

Preekskets

God alleen regeer. Hy is die enigste God en is ten volle in beheer van alles wat in Sy skepping gebeur. Trouens, alles gebeur volgens Sy raadsplan. Selfs in moeilike omstandighede gebruik Hy dit tot die beswil van Sy volk,  Sy kinders. So sien ons dit weer in die geskiedenis wat in die boek Daniël geskryf is.
Israel is deur Nebukadneser oorwin en die volk word weggevoer uit hulle land na die heidenland toe. Vier jongmanne uit Israel word selfs na sy paleis gebring om daar opgevoed te word in die heidense gebruike en kultuur.

  • Hulle name word verander.
  • Hulle moes kos eet wat aan afgode geoffer is.
  • Hulle ontvang 3jaar opleiding in die taal en gebruike van die heidene.

Maar God bly in beheer. Vers 17 sê dat God gegee het. God het ook Sy Seun gegee. En dit het die gang van ons hele bestaan, van die hele wêreld verander, Johannes 3 vers 16.