Koop vir jouself jou eie olie

  • Diens: 2010-02-21 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Psalm 49:1-21; HK Sondag 7
  • Teksvers: Matteus 25:9

Preekskets

Daar is sekere dinge wat jy nie by iemand anders kan leen nie. Jy moet jou eie besit. Daar is ook dinge  wat jy nie kan koop nie, soos gesondheid en geloof. Selfs al het jy al die geld van die wêreld. Elkeen moet self glo. Ek kan nie gered word op die geloof van iemand anders nie. (Lees: Psalm 49:8-10 en Son 7 vraag 20).

Koop vir jouself olie!

  • Waar? By die verkopers/winkel.
  • Hoe? Vir jouself.
  • Hoeveel kos dit? Baie duur.
  • En tog kos dit niks!

Ons redding is duur. Ons is duur gekoop. 1 Kor. 6:20. Silwer of goud is waardeloos om daarvoor te betaal. Alleen die kosbare bloed van Christus kan vir ons betaal. Ons koop wyn en melk sonder prys en sonder om te betaal.

Genade op genade, want God het ons lief.