Die Here sal by julle wees. Daarom bid.

  • Diens: 2010-01-31 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: 2 Kronieke 20:1-17
  • Teksvers: 2 Kronieke 20:3,12,17

Preekskets

Sonder God is alles tevergeefs. My hele lewe is dan doelloos. Ek kan dit dan eintlik maar los. Sonder God kan ek niks doen nie. Maar sonder God hoef ek ook niks te doen nie.

Koning Josafat was bang vir die komende oorlog. Hy soek hulp. Hy weet hy kan nie met sy sterk weermag alleen die oorlog aanpak nie. Daarom bid hy. Hy weet: sonder God is alles tevergeefs.

  • Josafat se gebed. Verse 6-12
  • Bid rig die oë op God. Vers 12
  • God verhoor. Verse 15 en 16

Hou jou oë altyd op die Here. Die grootste oorwinning het reeds jou deel geword. Jesus Christus het vir jou die sonde, die dood en die satan oorwin. Jou lewe is nie tevergeefs nie maar het doel en sin en rigting.